Die Wonderpatroontjie/Heimwee

Oor modes Die Wonderpatroontjie
Uit my dagboek
Heimwee
deur Tonnie
Die Wonderpatroontjie:
Danie se verhoogde status


Heimwee.

edit

Die leser moet tog nie dink omdat ons nog kan spot en grappe maak, dat ons hier gelukkig voel en nie verlang nie. Nee, dis maar die geforseerde glimlaggies, waarmee ons probeer om die trane teen te hou.

Ons verlang hier baie dae so, dat ons onsself nie ken nie. Dit gebeur meesal, wanneer ons iets sien of hoor, wat ons aan Suid-Afrika laat dink. En sulke herinneringe is hier nogal baie. 'n Mens tref sulke name aan soos : « De Wet-straat », « De la Rey-steeg » en dan is hier 'n menigte kafees en losieshuise met name soos : « Transvaal Estaminet », « In de Transvaal Café », « Pretoria Restaurant », ens.

Maar waar ons die meeste verlang het, was die dag met die « Juweelenstoet ». Dis so'n soort optog van al die lande. « Cortège des Bijoux » is die Franse naam daarvoor. Maar die leser moenie probeer om dit uit te spreek nie : 'n mens se kakebeen glip uit lit uit. Elke land word voorgestel deur 'n ou soort wa. Maar dis ook nie 'n wa nie, dis somar so'n gedrog wat bo-op die wa gebou is. Omtrent soos wanneer 'n mens byvoorbeeld 'n wyfie-vlakskilpad se dop bo-op 'n gramafoonnaaldeblikkie sal laai, of 'n Fordmotorkar op 'n kinderwaentjie, of 'n tweepond goldensyrupblik op 'n vuurhoutjiedosie, of ek weet ook self nie ; maar tog so'n uit-fatsoen-uit, oorhoeks affêre.

Die publiek staan aan weerskante van die strate. Ek kan ook nie sê « staan » nie - sê maar hulle druk mekaar plat aan weerskante van die strate - en dan kom die optogte van die verskillende lande met die wanstaltige ou waens en ander gedoentes verby. Die gedrang was so groot, dat die hele straat ook vol publiek was, sodat die rydende poliesie die mense met sambokke moes verwilder, toe die stoet aankom. Met dié petalje het hulle vir my en Danie glad so uitmekaar gedryf, dat dit met ons omtrent gegaan het soos met die bont varkie, wat so wild gewees het, dat die ou hotnot hom nie kon tel nie.

Alles het goed gegaan, totdat Suid-Afrika verby kom. Dit was voorgestel deur 'n klomp kaffers, wat kastig in 'n ou soort myn staan en werk bo-op die wa en dan is daar nog 'n optog van kaffers voor en agter die wa. Nou, toe hulle verby kom, kan die leser vir my glo, so groot en so lelik as wat ek is, toe spoel die trane soos ertjiekorrels oor my sondige wange. Nou, sê nou nog ons verlang nie !

Wanneer ons dan weer hier so kanniemeernie van verlang, dan dink of gesels ons maar oor aangename herinneringe uit Suid-Afrika, of ons haal 'n Afrikaanse streek uit.

Nou, in Johannesburg en Pretoria het ons altyd met opset Afrikaans gepraat in die winkels waar hulle moedswillig is en ons nie in ons taal wil bedien nie. Ons steek dan al ons vriende op om in daardie winkels op Afrikaans te gaan koop, totdat hulle Afrikaanse klerke aanstel. Dan koop ons ook altyd goed, wat ons voor ons siel weet, wat hulle nie het nie of nie kan verstaan nie. 'n Tonteldoos is iets wat ons alte lief was om te koop, omdat ons geweet het, dat mense skaars verstaan wat dit is, wat is nog te sê die Engelse.

A nee, hier gee ons ons weer vir Engelse uit as ons die dag op ons stukke is. Die ding het só gekom : Ek het alreeds in 'n vorige skets in « Glimlaggies » duidelik gemaak hoe moeilik dit hier gaan vir ons en die Belge om mekaar se Hollands te verstaan. En dit word altyd nog erger, pleks van beter. Hoe meer Danie sy beste Konserwatorium-Hollands uithaal, hoe meer verstaan hulle hom nie. Hij moes dan weer een dag iets koop vir 25 sentieme en ek wens die leser kon sy aksent hoor : « Woor wijw en twintug santiemen ». Ek dog so in my enigheid, dis darem 'n voorreg om 'n vriend te wees van iemand, wat sy studie van die Hollandse taal so eer aandoen. Maar dink die leser, dat hulle hom verstaan ? « A, faaif en twentieg ? » ontdek die stomme klerk naderhand.

Nou moet ek eers nog 'n paar nuwe klanke duidelik maak, wat ons later weer uitgevind het. Nie net v en z word f en s ná sekere medeklinkers nie. Vóór klinkers en sekere ander medeklinkers werf die ding glad andersom. Dan word f glad v (of w in ons taal) en s word z. So sê mens nie « De vos is loos » nie, maar « De woz iz loos ». Maar net hulle kom nie ooreen nie. Die een taalgeleerde beduie die ding so, dan sê 'n ander weer, nee daar is glad nie soiets nie. Maar Danie het 'n boek waar dit so beskrywe staan en hou hom aan sy voorskrifte.

5 is dus in hierdie geval nie vijf nie, maar wijw. Die f word w, omdat die volgende woord met 'n klinker begin. Dan, die uitgang -ig, in twintig, rustig, omslagtig is nie -ig nie, maar -ug. En centiemen word Frans uitgespreek (santiemen).

Maar toe die klerk nou Danie se Konserwatorium-Hollands nie kon verstaan nie en naderhand glad uitkom met « faaif en twentieg », toe sê ek vir Danie : « Maar dit is so goed as Engels - faaif en twentie - kom ons steek hom met die yes, jong ! » En dit wás ook so. Hy het niks daarvan verstaan nie, maar ons het ewenwel 'n kostelike ontdekking gedoen. Daarvandaan af praat ons niks as Engels nie, totdat ons seker is, dat hulle Engels minder verstaan as Danie se Konserwatorium-Hollands. En ek wens die leser kon sien hoe hulle spartel om die rooitaal klein te kry.

Nou die dag het ons in 'n stuk of dertig winkels probeer om op Engels sakdoeke te koop. Maar dan kyk hulle jou aan of hulle wil vra : « Van wanneer af loop die trein dan al tussen hier en die sterre, dat die bewoners van Mars ook nou al in Antwerpe rondloop ? » Want die woord « handkerchief » slaat hulle omtrent nog meer dronk as die woord « tonteldoos » vir 'n Engelsman. En ek het nogal altyd gedink, dat dit ook 'n woord is, wat die Engelse van die Franse geleen het.

Hier is 'n menigte kaffers, wat nog van die oorlog af agtergebly het, maar so deftig ! Hulle sit in die eethuise deurmekaar met witmense ; en drink in die « bars » saam met witmense.

Wanneer Danie dan weer dink hy is in Suid-Afrika en hy sê vir een van hulle : « Manienkie makasa » of « Hei, moena, daar lê 'n mes. Tiepa ka mo », dan is dit net « Pardon, if versta u niet ». Dis al wat hy uit hulle kan kry.