Afrikaner-Volkseenheid/Hereniging

Voorwoord Afrikaner-Volkseenheid
Hereniging
deur D. F. Malan
Eerste Politieke Kontakte


Soos die titel van hierdie boek aandui, is die inhoud daarvan

geen geskiedkundige oorsig van die gebeurtenisse in 'n bepaalde
tydperk nie. Allermins nog is dit bedoel om 'n outobiografiese
verhaal te wees van my eie politieke aktiwiteite in verband daar-
mee. Waar dit geskied, is dit die noodwendige gevolg van die
feit dat as verantwoordelike politieke leier ek vanselfsprekend
’n belangrike en werkdadige aandeel in die loop van sake moes
neem.
My herinnerings wat ek hier te boek stel, is beperk meer
besonderlik tot één saak wat meer as enigiets anders die doelwit
was van my strewe, en wat selfs die enigste beweegrede was wat
een-en-veertig jaar gelede die oorsaak was van my toetrede tot
die politiek. Die omstandighede in verband hiermee sit ek hier-
na uiteen. Kortliks kom dit hierop neer: Tussen dié wat op
nasionale en politieke gebied met die totstandkoming van die
Unie in 1910 bymekaar was, het daar verdeeldheid ontstaan,
en wel só ernstig soos dit nooit tevore, en ook nooit weer daarna
was nie. Daar het selfs bloed gevloei. En as daar ooit weer 'n
verenigde Afrikanervolk sou wees in plaas van 'n inwendig
botsende en sigself vernietigende mensemassa, dan moes daar
positiewe poging aangewend word om die breuk te heel, om
die wonde te genees, en om 'n beter en gelukkiger volkstoestand
in vooruitsig te stel. Daar moes met ander woorde 'n hereni-
gingsbeweging tot stand kom wat, soos sy naam aandui, bedoel
sou wees om bymekaar te bring wat bymekaar was, maar wat
gaandeweg sy gesigseinder ook nog verder sou uitstoot, naamlik

om bymekaar te bring almal, tot welke taalgroep hulle ook al
mag behoort, wat deur innerlike politieke oortuiging bymekaar
tuis hoort. ,,Hereniging" moes met ander woorde aangevul
word deur ,,vereniging", dog alleen in sover as die verkreë een-
heid op die fondament sou bly berus van gemeenskaplike oor-
tuigings, dit wil sê op 'n vaste en gesonde beginselgrondslag.
Met hierdie eenheidsbeweging het ek my van die begin af aan
aktief vereenselwig. Dwarsdeur al die politieke verwikkelinge en
selfs heftige meningsverskille en stryd, soms na binne sowel as
na buite, het ek daardie doelwit nooit uit die oog verloor nie.
En daarby het ek in my strewe gelukkig altyd getroue onder-
steuners en kragtige hulp gehad, waarvoor ek nooit dankbaar
genoeg kan wees nie. So het ons dan ook gevorder, en wel
sodanig dat, al het dit ook 33 jaar geduur, ons op die neer-
gelegde grondslag uiteindelik, dit wil sê by die algemene
verkiesing in 1948, die oorwinning kon behaal en die lands-
regering kon aanvaar. En die bevredigendste aspek hiervan was
nog dit, dat daardie resultaat bereik is sonder 'n koalisie of hulp
van enig ander party - behalwe die Afrikaner-party, wat op
daardie tyd, net soos ons, ook doelbewus na hereniging gestreef
het - en sonder die prysgee van één enkele beginsel.
Op daardie pad, die Pad van Afrikaner-Volkseenheid, is daar
ervarings opgedoen wat nie alleen in geskiedkundige opsig van
belang is nie, maar wat veral ook in die toekoms vir die reisiger
op die Pad van Suid-Afrika tot lering of tot waarskuwing
waardevol kan wees.