Die Romeinse Boer/Voorwoord

Inhoudsopgawe Die Romeinse Boer
Voorwoord.
deur T.J. Haarhoff
Inleiding


Voorwoord.

Hoe meer 'n mens die onderwys iets werkliks wil maak, hoe meer voel jy dat die neiging (wat vandag nie selde bespeur word nie) om die agtergrond van ons kultuur weg te laat, 'n kolossale fout is. En hoe meer jy die geskiedenis bestudeer, hoe meer voel jy dat die menslike ondervinding op hierdie aarde 'n geheel vorm waarin die ryk geskakeerde onderdele elkeen moet help om ons beter te laat verstaan. Nie alle dele van die menslike ondervinding staan ewe hoog nie; maar dit is onbetwis dat die mens in Griekse en Romeinse tye toppunte op geestelike en stoflike gebied bereik het, wat onmisbaar is, as ons ons eie beskawing reg wil verstaan.

Toe die mens nog vasgeknel was onder ysterbande van primitiewe bygeloof, oorheers deur vrees wat die aanwending van sy dinkvermoë onmoontlik maak, het die Grieke die moed gehad om deur die "modder-koek van konvensie" deur te breek en die wêreld redelik uit te dink. Moed - want die eerste mens wat die primitiewe wette van bygeloof uitgetart het, het daarmee sy lewe gewaag. Primus Graius Homo - dit was 'n Griek, soos Lucretius sê, wat die eerste teen bygeloof geprotesteer het.

Uit daardie merkwaardige daad het daar die filosofie, die letterkunde, die kuns en die wetenskap van Europa voortgevloei. Die fakkel is toe aan die Romeine oorhandig, en dit was hulle lot om die beskaafde wêreld so te organiseer dat eers die beskawing van Griekeland, aangevul deur die Romeinse bydrae, veral in die wetsgeleerdheid, en toe die Kristendom self ver versprei en diep gewortel kon raak. Nog meer: die (5) Kerkvaders het die Romeinse stelsel van opvoeding oorgeneem (met kleiner wysiginge), en dit is maar in die laaste sewentig jaar of so dat ons enige aansienlike veranderinge daarin gemaak het. Só, langs verskeie paaie, loop die erfenis deur tot op ons dag. En dit is om die algemene leser 'n kans te gee om iets van hierdie erfenis te waardeer, dat die teenswoordige serie op tou gesit is.

--o--

Enige moeilikheid het ons mee te kampe. In alle Europese lande het die spelling en uitspraak van die klassieke eiename genasionaliseer geraak. In alle lande is dit moeilik om te besluit of jy die Latynse (en meer bekende) spelling aan 'n Griekse woord moet gee, en of jy die Griekse letters pront-uit moet oorskryf. Soos Burnet opmerk, dis moeilik om te besef dat onder die Latynse vorm 'Heraclius' daar die Griekse 'Herakleios' skuil. As die Engelsman van 'Jerome' praat, dink betreklik min mense aan 'Hieronumos.' En wat sou Cicero van sy eie naam dink, as hy dit op die Vasteland van Europa as 'Sitsero' sou hoor? So ook praat die Duitser van Zois (soos in nôi), vir geen ander rede nie, as dat eu in Duits so uitgespreek word.

In die volgende bladsye het ons die stelsel, hieronder aangedui, vir eiename gevolg. Dit word slegs tentatief voorgestel.

Griekse G, uitgespreek soos in die klassieke tydperk van Griekeland, nl. ds: voorgestel in Afrikaans deur Z b.v. Zeus. (Ook in die Latynse woorde, uit Grieks in Cicero se tyd oorgeneem, b.v. Zona.

Griekse k = Afr. k in uitspraak en in skrif. Waar die oorspronklike k gelatiniseer is en c geword het, behou ons die c vir Latynse woorde of woorde wat burgerreg in Latyn verkry het b.v. Cicero = Κικέεωυ, wat aantoon dat die c hard uitgespreek is deur die Romeine, ofskoon ons dit sag uitspreek wanneer ons dit (6) as 'n moderne woord beskou. Waar ons egter dit in Latyn lees, moet ons die c hard uitspreek, d.w.s. soos k.

Griekse Χ stel ons liefs deur ch voor, b.v. Arachne, Chalubes. Dit is uitgespreek soos kh in ink-horing, maar party outoriteite wil dit as=g in nog voorstel.

Griekse Θ, voorgestel deur th, uitgespreek soos in Eng. at-home, of, soos sommige beweer, soos th in Eng. thin. b.v. Theodoros.

Griekse Φ, voorgestel deur ph, uitgespreek byna soos ph in ophou of anders soos f: Philippos.

Griekse έ, voorgestel deur rh Ροδος, Rhodos, Τύιιος, Purrhos: in uitspraak sterk getril soos in Afrikaans.

Kort a (Gr. en Lat.) vοorgestel deur Afr. ɑ. Uitgespreek soos in man.

Lang a (Gr. en Lat.) voorgestel deur Afr. ɑ. Uitgespreek soos in vader. (Soms het ons dit wenslik geag om die lang ɑ te onderskei deur 'n teken - ā).

Kort e (Gr. en Lat.) voorgestel deur Afr e. Uitgespreek soos in vet.

Lang e (Gr. en Lat.) voorgestel deur Afr. ê of e(ee). Uitgespreek soos in blêr.

Kort i (Gr. en Lat. voorgestel deur Afr. i. Uitgespreek soos in pik.

Lang i (Gr. en Lat.) voorgestel deur Afr. i(ie). Uitgespreek soos in sien.

Kort o in Gr., voorgestel deur Afr. o. Uitgespreek soos in pot.

Kort o in Lat. voorgestel deur Afr. o. Uitgespreek soos in pot.

Lang o in Grieks, voorgestel deur Afr. ô of o(oo).

Lang o in Latyn, voorgestel deur Afr. o(oo).

Gr. v. Uitspraak, wanneer kort, soos in Fr. du, lank, soos in vuur (ongeveer). Latyn u, kort, soos in soen, lank, soos in vuur.

Gr. υ word in Latyn y, b.v. Phorcys, Scylla. - Om verwarring in Afr. te voorkom, dink ons dat dit beter (7) is om glad nie y te gebruik nie, en skrywe dus Phorcus, Sculla.

Maar in Latyn staan u reeds vir ander klanke nl. (1) Gr. ou (2) Gr. o b.v. Lat. Thucydides, Θοοκμδίδυς, Lat. Clearchus.

In sulke gevalle meen ons dat dit beter is om terug te gaan na die Griekse vorm - dus Purrhos, Korukos, Thoukudides. As ons Purrhus skrywe, sou dit nie duidelik wees dat die twee u 's aparte klanke voorstel nie.

Gr. c, Afr. ai; Lat. ae, Afr. ae. Uitspraak soos in Afr. ɑiɑ.

Gr. ει, Afr. ei. Uitspraak soos in lym of miskien Holl. meen (of in Duits heim).

Gr. en Lat. eu, Afr. eu. Deur Hollanders uitgespreek soos in huis, en deur Duitsers soos in nôi, maar waarskynlik meer soos die Cockney uitspraak van Eng. house (e soos in Afr. eg + u).

Gr. en Lat. ɑu, Afr. ɑu. Uitspraak soos in Eng. cow.

Gr. oν, Afr. ou. Uitspr. soos in Afr. so (of moeg). Gr. οι, Lat. oe, Afr. oe (oi). Uitspr. ongeveer soos in Afr. nôi.

Gr. νι, Lat. ui, Afr. ui. Uitspr. ongeveer soos in Lοuis.

Lat. υ, Afr. υ. Uitspr. ongeveer soos in Eng. window.

Lat. i(j), Afr. i(j). Uitspr. soos Afr. jaar.

h in Gr. en Lat. was (soos in Afr.) minder sterk as in Eng.

Waar 'n eienaam as Afrikaans gevoel word, veral weens 'n Afrikaanse uitgang, is die spelling Afrikaans b.v. Assierië, waarvan die klassieke vorm, wat soms van pas is, Assuria is. Hierdie reël gee moeilikheid by adjektiewe van ongewone klassieke eiename afgelei.

Soms dui die klassieke vorm een ding aan, en die moderne vorm 'n ander b.v. Asia=die Romeinse provinsie, in teenstelling met Klein-Asië of Asië. (8)

Bostaande reëls geld natuurlik ook vir soortname wat direk uit die klassieke tale oorgeskryf word. Lesers mag opmerk dat aansluiting gesoek is by die praktyk aanbeveel deur Mnr. J. A. Ross in sy voorrede by "Uit die Land van Homeros." (9)

DIE REDAKSIE.