Afrikaner-Volkseenheid/'n Gewigtige Besluit

Die Kerk Tree Op Afrikaner-Volkseenheid
'n Gewigtige Besluit
deur D. F. Malan
Die Burger


In my gekose lewensberoep en in my gemeente van Graaff-

Reinet was ek baie gelukkig, sowel as in die diens van my Kerk
in die algemeen. Ek het geen verandering begeer nie. Aan die
besluit, uit die volksnood gebore, om 'n koerant te stig wat die
nasionale rigting van genl. Hertzog sou vertolk en tegelyk vir
hereniging sou ywer, het ek geen aandeel gehad nie. En toe die
versoek om die hoofredakteur daarvan (De Burger) te word, tot
my kom, het ek begryplikerwys diep en ernstig daaroor moes
nadink. Die onderneming het klaarblyklik saamgehang met my
ongesogte optrede op die gebied van Kerk en Staat, en ek kon
die versoek daarom nie somaar sonder meer van my afskud
nie. Daarby was dit nie 'n waagstuk op sigself alleen nie, maar
veral ook vir myself. Die stap sou onherroeplik wees, want
eenmaal in die politiek, sou dit onwenslik wees, so nie onmoont-
lik nie, om weer tot die kerklike diens terug te keer. Met die
moontlikheid van mislukking moes ek, en het ek ook volle
rekening gehou. Dit sou 'n sprong wees in die duister. Maar
die koers waarop ek sonder my eie keuse of toedoen gekom het,
het 'n verantwoordelikheid op my gelê, en ek moes voorwaarts.
En daarom het ek, soos ek by my afskeid van Graaff-Reinet
verklaar het, op daardie oomblik gevoel soos Esther, toe sy met
gevaar van haar lewe vir haar volk by die Koning moes intree:
,,Kom ek om, so kom ek om, maar ek moet dit tog doen !’’
Soos dit wel verwag kon word, was daar vóór my besluit in
wye kringe groot verskil van mening omtrent die stap wat ek
gevra was om te doen. Sommige het daarteen geadviseer.

Andere het dit wenslik geag, maar wou dat tegelykertyd my
dienste vir die Kerk ook behoue sou bly. Die groot meerder-
heid, waaronder ook 'n aansienlike getal predikante, het dit
egter verwelkom. Omdat dit van historiese belang is, haal ek
hier 'n paar van die vernaamste aan. So het onder andere
Vader Kestell op 26 April 1915 aan my geskrywe:
,,Ik wil dat u in de bediening moet blijven.
,,Gaven zijn aan u gegeven juist om ons te helpen in de ver-
deelde toestand waarin wij zijn.
,,Zal u ook alles kunnen uitvoeren, wat u u ten doel stelt als
u ’n redakteur is?
,,U ziet, ik kan niet zeggen: doe het! En toch hoe blijde zou
ik zijn als u u geroepen kon voelen om het te doen.
,,Daarom, 'n groot werk gaat u aanvaarden: Doe het zonder
vrees!’’
Genl. De Wet het drie maal van hom laat hoor, en wel uit
die Sentrale Gevangenis te Bloemfontein. Die eerste twee kere
het al die gevange rebelle saam met hom geteken, eers op 'n
petisie om my te vra om die redakteurskap aan te neem, en
daarna op 'n owerigens blanko papier met sy naam in die
middel, en al die ander rondom. Tesame met genl. De Wet
was dit 96 in getal. Hierdie dokumente is uit die gevangenis
gesmokkel. Die derde keer was ná my aanname van die redak-
teurskap en was onderteken deur hom alleen. Op 29 Mei 1915
skrywe hy toe as volg: ,,Moge De Burger spoedig bevorderd
worden te zijn inderdaad De Burger, held voor Kerk en Staat,
en ook kweekplaats voor uzelf voor hooger doel; zoo 't nodig
zij!’’
Pres. Steyn se brief is gedateer 19 April 1915 en bevat onder
andere die volgende: ,,Ik wil dat u voor de Kerk behouden
zal blijven. Er bestaat echter 'n veel grotere reden om in de
politiek te gaan. U ziet hoe ons volk verdeeld is en hoe het
roept om 'n man om het te verenigen. U is de man. Mijn raad
is dus: Neem de redakteurschap aan !

,,Ik verberg voor mij niet het feit dat de weg voor u vele
moeilikheden zal opleveren. U zaI veel moeten hooren van de
,Dutch predikant’ en al zijn zonden en tekortkomingen, maar
moeilikheden en verwijten mogen u niet terughouden, waar
het doel, waarnaar wij streven zoo groot en edel is.
,,Verwacht niet veel. Vele en groote teleurstellingen staan u
te wachten. Hindernissen en strikken zullen op u weg worden
gelegd. Mannen die u meent steunpilaren te zijn, zullen
mischien gebroken rieten blijken te zijn. Achterdocht en naijver
zullen uwe armen verlammen en uwe beste plannen in de war
stuuren. Niettegenstaande dit alles is er toch nog veel dat
aanloklik is in het werk van de staatsman. Het bewustzijn dat u
onbaatzuchtig werkt voor u volk’’ ens.
Ook van genl. Hertzog het ek 'n brief ontvang. Hy verwel-
kom my aanname van die redakteurskap, maat oordeel dat dit
op sigself nog nie genoeg is nie. ,,U moet zien om de gelegen-
heid te verkrijgen om direct aan de politieke strijd deel te
nemen. Daartoe is nodig dat u u behoort verkiesbaar te stellen
voor 't Parlement.” Tegelykertyd waarsku hy ook teen die
heer Van ZyI (advokaat en later regter-president van Kaap-
land) wat, soos hy meen, besig is om 'n ,,moderate party’’ te
vorm. Adv. Van Zyl en ek het terloops saam 'n paar ver-
gaderings gehou waarop ons as mikpunt gestel het die hereni-
ging van ons geskeurde geledere op politieke gebied. Die
Herenigingsbeweging, sogenaamd, wat as gevolg daarvan
gevorm is, het op ons eie inisiatief later saamgesmelt met die
Kaaplandse Nasionale Party, wat eers daarna op sy eerste
kongres te Middelburg gestig is. Met die oog op die politieke
verhoudings wat in 1933 aangegaan is, te wete die samesmelting
tussen generaals Hertzog en Smuts, waarteen sowel ek as adv.
Van ZyI gekant was, skyn dit of die geskiedenis soms oor heel-
wat ironie kan beskik.