Afrikaner-Volkseenheid/Die Burger
←'n Gewigtige Besluit | Afrikaner-Volkseenheid Die Burger deur D. F. Malan |
Wat Is Afrikaner-Volkseenheid?→ |
hy homself bekend gestel as kind van die smart, maar ook as
kind van die hoop. By uitstek was hy herenigingsblad. Op die
puinhope van 'n verlore eenheid wou hy 'n nuwe, stewige
volksgebou weer help opbou, maar hierdie keer op die grond-
slag van vaste en gesonde beginsels. Hy moes in die volle sin
van die woord Suid-Afrikaans-nasionaal wees, maar terselfder-
tyd in alle opregtheid ook daarna strewe om op politieke
gebied bymekaar te bring, afgesien van hul eie besondere taal-
groep, alma wat deur innerlike oortuiging bymekaar tuis
hoort.
Met die aanvaarding van De Burger se redakteurskap het
my politieke loopbaan begin. Maar daarmee het daar ook teen
my persoonlik 'n kampanje losgebars soos nie maklik geëwenaar
kan word nie. En De Burger self het ruimskoots daarin gedeel.
Eers is daar onder leiding van 'n Kaapstadse sakeonderneming
’n advertensie-boikot georganiseer in die stellige verwagting
dat die jeugdige dagblad sommer by sy geboorte van uithonge-
ring sou sterf. Hoewel dit vir geruime tyd 'n aansienlike tekort
veroorsaak het, het dit nie geluk nie. Terselfdertyd het genl.
Botha in eie persoon die stryd gelei deur op vergaderings kruis
en dwars deur die land heftige persoonlike aanvalle op my te
los. Sy tema was my beweerde ontrou aan my belofte toe ek in
die diens van die Kerk getree het. En hoewel hy, sover bekend,
self nooit enige besondere belangstelling in die openbare gods-
diens getoon het nie, het hy nou as beskermer van die Kerk en
sy belange geposeer. Sy volgelinge in die pers en op die verhoog
het hom hierin getrou gesteun, en dit selfs nog verder aangedik.
As voorbeeld van die peil waartoe sommige van hulle afgedaal
het, kan hier aangehaal word die volgende uit 'n toespraak van
die heer Joël Krige, later nogal Speaker van die Volksraad.
,,Dr. Malan heeft 't Kruis vanJezus Christus verlaten om zich
in de politiek te begeven. Hij wil naar 't Parlement doch daar
zullen zijn haren waaien. Over zes maanden zullen beide zijn
De Burger en hij naar de maan zijn.’’
Oor sulke aanvalle het ek my nie bekommer nie, en in ieder
geval het ek geweier om tot daardie peil saam af te daal. Stelsel-
matig het ek daarop nie geantwoord nie, en ook geweier om
Die Burger daarvoor te laat gebruik. As die saak en beginsels
waarvoor ek staan, en as resultate nie genoegsaam was om as
my verdediging te kan dien nie, dan is enige ander verdediging
nie die moeite werd nie. En ek het my Afrikanervolk geken !
In hierdie verband is die gehalte van sekere ander aanvalle
van die kant van die S.A.P.-organiseerders interessant, en
soms ook amusant. So byvoorbeeld is daar onder leiding van
die destydse hooforganiseerder in Kaapland 'n heftige kam-
panje gevoer teen Die Burger, en wel oor hierdie blad se ,,god-
deloosheid’’ om so iets as spotprente te publiseer. En op 'n
vergadering van skaapboere in die droë Karoo, toe die strenge
maatreëls teen brandsiekte in sommige streke nog onpopulêr
was, het dieselfde hooforganiseerder plegtig 'n mosie van
wantroue in my voorgestel, en aangeneem gekry ook, omdat
ek op sy vraag geantwoord het dat ek wel aan die bestaan van
so iets as ,,'n brandsiekteluis’’ glo.
Daar was egter sekere uitstaande gebeurtenisse wat ek hier
kan vermeld, die eerste waarvan seker grootliks meegehelp het
om aan Die Burger daardie groot plek in die Nasionale volkshart
te verseker wat dit verkry het. Dit was die groot en historiese
poging om deur middel van die Helpmekaar die rebelle van
die bedelstaf te red, en Die Burger se aandeel in verband daar-
mee. Hierdie geskiedenis is van betekenis omdat dit, soos niks
anders dit kon doen nie, die skrille teenstelling geopenbaar het
tussen die gees wat die Botha-Smuts-regering besiel het, en dié
wat spontaan uit die Afrikaner-volkshart opgebruis het. Die
rebelle is naamlik voor die howe gedaag en by skuldigbevinding
volgens regeringsbesluit persoonlik en gesamentlik verant-
woordelik gehou vir alle materiële skade wat hulle sou veroor-
saak het. Dit, tesame met hul verdedigingskoste, sou volgens
berekening nie minder as die som van £110,000 beloop nie. Op
die grondslag van gesamentlike verantwoordelikheid sou dit
klaarblyklik die ruïnasie van almal beteken het. Om dit te
voorkom, is die Helpmekaar gestig, en moes daar 'n volkswye
beroep om fondse gedoen word. Nadat 'n ietwat sukkelende
begin gemaak was, ontvang ek toe 'n kort briefie van die heer
J. E. de Villiers van die Paarl (die latere Oom Japie Help-
mekaar) met die aanbod van £500 op voorwaarde dat daar
nog 500 ander te voorskyn sou kom, wat elk ook nog £100 sou
bydra. Hy versoek my en Die Burger toe om in belang van die
saak daarvan te maak wat ons kon. Dit was die begin van seker
een van die merkwaardigste en vrugbaarste volksbewegings
wat daar ooit was. Ná 'n onmiddellike reaksie en daelikse
aanmoediging deur die koerant het die honderdponders in
toenemende tempo en geesdrif te voorskyn gekom, totdat op sy
hoogtepunt daar nie minder as £5,000 op één enkele dag inge-
kom het nie. En die merkwaardigste van al was nog dit: toe
die doelwit van £110,000 bereik was, wou die stroom van nuwe
gewers eenvoudig nie ophou nie, totdat uiteindelik die som van
£180,000 bereik was. Deur die kapitaalbelegging van hul
oorskotte deur Kaapland, die Vrystaat en Natal is die voort-
bestaan van die Helpmekaar-organisasie nie alleen verseker
nie, maar is sy oorspronklike gees ook voortgeplant en sy werk
tot in die oneindige voortgeset. Die Helpmekaar het reeds aan
honderde studente onmisbare hulp vir hul opleiding verskaf,
waaronder 'n ruim aantal van ons leiers op allerlei, maar veral
ook op ekonomiese gebied, getel kan word. Dis 'n lewende
monument ter ere van 'n edele en onvergetelike volksdaad. En
by toeneming gaan sy werk nog steeds voort.
En nou die Botha-Smuts-regering, wat was sy reaksie ? Dit
was opvallend en tegelyk ook beskamend. Terwyl die Kanadese
regering in vroeër dae onder dergelike omstandighede al die
skadevergoeding van sy rebelle vir sy rekening geneem het, en
so ook versoening teweeggebring het, het die Suid-Afrikaanse
voormanne, wat nogal gebore Afrikaners en vroeëre Boere-
generaals was, die Helpmekaar-beweging teengewerk en ver-
oordeel as 'n blote partypolitieke set. Die volkshart en die toe-
koms het egter daarop antwoord gegee - tot hul verdriet en tot
nog meer!
'n Tweede gebeurtenis van historiese belang is een wat sowel
kenmerkend as grappig was. In my dubbele kapasiteit van
leier van die Nasionale Party en van redakteur moes ek nood-
wendig dikwels van huis wees, en gevolglik die skrywe van die
hoofartikel oorlaat aan die assistent-redakteur, in hierdie geval
die heer Wartena, vroeër van Ons Land. So verskyn daar toe
van sy hand 'n artikel onder die hoof ,,Op naar de Bastille!’’
Dit was teen die regering gerig maar op sigself owerigens
heeltemal onskadelik. Die opskrif was egter suggestief, en het
herinner aan die bestorming van daardie vesting in die Franse
hoofstad deur die gepeupel in die tyd van die Franse Revolusie.
Kort ná my terugkeer word daar egter eendag aan my kantoor-
deur geklop. Op my ,,Kom binne!’’ gaan die deur oop, en wie
sou daar staan? 'n Hoë militêre offisier in volle mondering en
met sy swaard aan sy sy. Op my versoek om plaas te neem, het
hy geen ag geslaan nie, maar met 'n dokument in sy hand ver-
klaar hy met die nodige plegstatigheid dat hy deur die proku-
reur-generaal gelas was om aan my die volgende te kom voor-
lees. Hierop het toe gevolg 'n verwysing na die bewuste artikel,
met die ernstige waarskuwing daarby dat ek in die vervolg
my van 'n dergelike misdryf sal moet onthou indien ek nie wil
sien dat strafmaatreëls teen my getref word nie. Met so 'n
gedugte verskynsel in my deur, verteenwoordigende so 'n
gedugte owerheid, sou dit onvanpas, maar dan ook nutteloos
gewees het om te redeneer of om uit te lê. Met 'n kwalik
verborge glimlag en 'n ,,ek het gehoor!’’ van my kant, en met
swaardgekletter en 'n terugtog aan sy kant het die verskynsel
van my deurdrumpel verdwyn. Ek was nie geïntimideer nie!
Nee, waarlik nie !
Daar was 'n derde episode in verband met Die Burger, meer
histories maar ook ernstiger van aard as die vorige. Dit was 'n
opsetlike poging om ons Nasionale Koerant in 'n strik te lei,
en so te vernietig. Dit was ook in die hoogste mate 'n lae en
gemene daad. Dit het só gekom. Daar was nog oorlog, maar
met die oog op gebeurtenisse in Suid-Afrika wou die regering
bevestiging uit Duitsland kry van wat hy hier self beweer het,
naamlik dat daar geheime knoeiery was tussen sekere rebelle-
leiers, en nog meer besonderlik genl. Beyers, en die Duitse
regering. 'n Spioen met die naam van Eli du Plessis is daarom
na Duitsland gestuur om informasie in te win. In Holland
aangekom, het hy kontak gemaak met die daar studerende
Afrikaners, meer besonderlik met dr. Bodenstein, wat toe nog
professor was aan een van die Nederlandse universiteite. Hy
het hom voorgestel as 'n afgesant van genl. Hertzog na die
Duitse regering, en dr. Bodenstein beweeg om hom persoonlik
na Berlyn te vergesel. Hy het blykbaar niks gevind nie, maar
toe hy vermoed dat die Duitse outoriteite hom met suspisie
begin te bejeën, het hy haastig padgegee en na Suid-Afrika
teruggekeer. In Kaapstad aangekom, meld hy hom aan vir
'n private gesprek by mnr. Willie Hofmeyr en mnr. Dormehl,
respektiewelik die voorsitter en bestuurder van die Nasionale
Pers. Hy vertel van sy interessante (en onskuldige) besoek aan
Duitsland, van die groot belangstelling van die Duitse regering
in Die Burger, van sy kennis van en besorgdheid oor die finan-
siële toestand van die blad, en sy heel vertroulike aanbod van
genoegsame fondse om sy stryd voort te sit. Die direksie moes
maar net sê hoeveel. Sy antwoord het hy onmiddellik gekry,
naamlik dat Die Burger 'n Afrikaanse blad is, Suid-Afrika se
belange dien, en uitsluitend met Suid-Afrikaanse geld sy taak
verrig. In 'n hofsaak later is Eli du Plessis bestempel as ,,lid
van die geheime diens en pensionaris van die Britse leër’’.
Omtrent sy sending en in wie se diens hy was, kan daar daarom
geen twyfel wees nie. Die verdere verloop van die saak was
uiters belangrik, maar ook insiggewend. Die Burger het hierdie
skaamtelose poging om hom in 'n strik te lei, nie verswyg nie.
Blykbaar om homself te regverdig, maar ook sodat dit ons ter
ore moes kom, vertel Eli du Plessis toe dat hy met sy sending
na Die Burger gestuur is uit die Mount Nelson Hotel, en wel
deur genl. Smuts en Abe Bailey. Maar toe word die saak nog
altyd interessanter. Mnr. Jagger, L.V., kom toe ook 'n hand
bysit, en verklaar publiek dat nieteenstaande Die Burger se
ontkenning, hy tog met Duitse geld werk. Hierop daag die
direksie hom publiek uit om dit te bewys, en bied hom daartoe
die opelegging van al sy boeke aan om grondig ondersoek te
word deur enige gesaghebbende sakeman of ouditeur, wat hy
self daarvoor kon aanwys. Hierop volg toe egter geen antwoord,
maar ook geen terugtrekking nie. Daarby kon dit natuurlik
nie gelaat word nie. Ons moes nou op die aanval kom, en die
geleentheid daartoe het spoedig gekom. Daar was 'n tussen-
verkiesing vir die Volksraad in die kiesafdeling Calvinia, en ek
was die Nasionale Party se kandidaat en moes begryplikerwyse
beide my party en my koerant teen aanvalle verdedig. In die
Clanwilliam-gedeelte moes ek my persoonlik weer teen minister
Harry van Heerden, maar die aanval moes myne wees. Op
'n buiteplaas woon ek toe heel onverwags sy vergadering by,
waar ek sy regering openlik daarvan beskuldig dat hy agter
die gemene poging van Eli du Plessis gesit het. Sy verweer
hierteen was geen ontkenning nie, maar 'n verwysing na die
verklaring van mnr. Jagger, en die feit dat ons hom nie voor
die hof vir laster gedaag het nie. Ons sou dit nie gedurf doen
het nie. By implikasie aanvaar die Regering dus die beskuldi-
ging. Hierop verwys ek toe na die aanbod aan Jagger van Die
Burger direksie, en sy versuim om dit aan te neem, en laat
daarop volg: As mnr. Jagger die aanbod nie wil aanneem nie,
maar tegelykertyd sy beskuldiging nie wil terugtrek nie, dan
sê ek dat hy ’n lafaard en 'n leuenaar" is.
En toe kom daarna nog die interessantste deel van die
hele geskiedenis. Dit was later bekend as ,,die Slag van
Modderfontein’’, 'n plaas digby Citrusdal. Sonder ons wete
bepaal ons ondersteuners aan weerskante 'n gesamentlike
vergadering vir minister Van Heerden en myself daar. In my
toespraak herhaal ek toe my beskuldiging teen die Regering in
verband met die Eli du Plessis-geskiedenis. Met vraetyd kom
die aanwesige S.A.P.-organiseerder op die been en vra so heel
triomfantlik of ek 'n paar dae gelede op die buitevergadering
mnr. Jagger aangeval en bestempel het as 'n leuenaar. Blykbaar
het hy gehoop om my deur die dreigement van 'n lasteraksie
tot verdediging te dwing. Dit sou fataal gewees het. Ek het
daarom net die teenoorgestelde gedoen. Ek erken toe nie alleen
nie, maar voeg daarby dat om alle onsekerheid uit die weg te
ruim, ek hier herhaal dat as mnr. Jagger weier om die Nasio-
nale Pers se aanbod aan te neem, en tegelykertyd ook weier
om sy beskuldiging terug te trek, ek bereid is om hom te
noem ,,'n lafaard en 'n leuenaar’’. Dis lasterlik as dit nie
geregverdig kan word nie. En nou roep ek die hele vergadering
op as getuie dat ek dit gesê het, en vra die organiseerder om
dadelik 'n telegram aan mnr. Jagger te stuur om dit aan hom
mee te deel. Op my opponente het dit 'n dodelike effek gehad.
Die groot vergadering, wat van heinde en ver saamgekom
het, en wat vir verreweg die grootste gedeelte uit my politieke
teenstanders bestaan het, het geweier om vir die voorgestelde
mosie van wantroue te stem, en op daardie buurt, waar daar
toe nog feitlik geen enkele Nasionalis te vinde was nie, het dit
'n beslissende invloed uitgeoefen. Eli du Plessis het ons 'n diens
bewys. En die verdagmakery teen Die Burger het finaal 'n end
gekry.
As hoofredakteur van die herenigingsblad was dit essensieel
dat ek oor één saak volkome helder moes wees. Dit was omtrent
die vraag wat die grondslae moes wees van die eenheid wat ons
begeer.
My politieke loopbaan, wat in 1915 begin het, het daardie
besliste doel gehad. Met die oog daarop was dit dat ek die
gewigtige besluit geneem het om die redakteurskap van Die
Burger te aanvaar, en dit was ook voorop in die gedagte van
diegene wat daarop aangedring het, of dit verwelkom het. Dit
was die herstel, sover as dit moontlik sou wees, van ons gebroke
Afrikaner-volkseenheid. En noodwendig moes ek daarom my
oog konstant daarop gevestig hou. Daar was uitdraaipaaie, wat
aI dadelik vermy moes word. Die eerste was om self alle stryd
te probeer vermy, om met ander woorde tussen Botha en
Hertzog posisie te gaan inneem, en om lieftallig te probeer
om die twee tot versoening met mekaar te beweeg. By baie
simpatiseerders was dit aanvanklik ook die verwagting. Hieraan
het ek egter vir geen oomblik gedink nie. Ander met groter
gesag as wat ek oor kon beskik, het dit tevore reeds probeer
sonder enige sukses hoegenaamd. Moontlik sou dit ook moes
uitloop op die ontstaan van 'n nuwe party, wat verwarring nog
verder sou verwar. En bowendien sou so 'n tussenposisie aan
oppervlakkigheid ly, niemand bevredig nie, en 'n natuurlike
dood sterf. Die regte weg was om op politieke gebied nou te
doen wat vanuit kerklike standpunt tevore met sukses beproef
is. Daar moes teruggegaan word tot grondbeginsels, en van
daar uit moes die verdeelde toestand beoordeel en benader
word. Die eerste vraag moes daarom nie wees watter van die
twee leiers die skuldige is nie, maar wat is die fondament
waarop alleen die gebou van ons volkseenheid vas en seker
opgebou kan word. En desnoods moes daarvoor geveg word.
Alleen as daaromtrent eers volle helderheid bestaan, kan ons
die volk oproep tot die uiterste kragsinspanning om te bou, te
handhaaf en te beskerm. Om te kies tussen die twee aangebode
hoekstene, was egter nie moeilik nie. As Suid-Afrika die reg
het om 'n eie nasie te wees, dan moes sy eenheid in daardie eie
nasieskap gesoek word, in getrouheid daaraan, in sy vryheid,
en in die bevordering van sy eie belange bokant alle ander. In
gees en strewe is dit alles tesame begrepe in die woord Nasiona-
lisme, of soos genl. Hertzog dit uitgedruk het: ,,Suid-Afrika
Eerste". Genl. Botha se leuse van ,,eer en plig" het die skeuring
veroorsaak, en kon daarom onmoontlik dit weer heel. Die oog
was daarvoor te veel gerig op die dien van ander as ons eie
Suid-Afrikaanse belange. Dit was in wese die ontkenning van
ons eie nasieskap en as sodanig die struikelblok op die pad van
ons volkseenheid. As ek getrou wou bly aan die doel waarvoor
ek in die politiek gekom het, dan kon ek maar net één ding
doen. Ek, en Die Burger saam met my, moes Hertzog ondersteun
en die pad van Botha en Smuts verwerp.
'n Tweede uitdraaipad wat ook vermy moes word, was om
van die stryd 'n persoonlike twis te maak. Ongelukkig was dit
sonder my toedoen reeds die geval. Wat persoonlike aanvalle
op myself betref, dit het ek as reël onbeantwoord gelaat, en in
ieder geval Die Burger daarvoor nie gebruik nie. Maar die twee
kante in die reeds bestaande politieke stryd was deurgaans
bestempel as die Botha-party en die Hertzog-party. Dit was
skadelik vir 'n goeie begrip van die werklike verskilpunte, en
moes die stryd tot 'n lae peil laat afdaal. In werklikheid was
dit 'n beginselstryd, naamlik dié van die Nasionalisme teen die
Imperialisme, en so het ek dit dan ook deurgaans begin te
noem. Dit was egter nie na almal se sin nie. En dit bring my
by die heer Fremantle, die destydse Nasionale Volksraadslid
vir Uitenhage.
Die heer Fremantle was 'n bedrywige maar ietwat onstabiele
persoonlikheid, en daarby ambisieus. Hy was skerpsinnig ge-
noeg om te besef watter potensiële mag agter genl. Hertzog se
optrede sit, en wat die toekoms noodwendig moes wees. Hy het
hom daarom met genl. Hertzog vereenselwig, en feitlik as sy
luitenant in Kaapland opgetree. As sodanig het hy 'n reeks
vergaderings gehou nog voordat die Kaaplandse Nasionale
Party gestig kon word, soos dit toe reeds die bedoeling was. Toe
die stigtingskongres daarna te Middelburg byeenkom, het hy
blykbaar dit as vanselfsprekend verwag dat hy tot die voor-
sitter en leier gekies sou word. Toe dit egter nie gebeur nie,
kon hy sy ontevredenheid nie onderdruk nie, maar het dit van
die verhoog af openlik te kenne gegee. Hy was egter nog altyd
genl. Hertzog se vertroueling. En toe Die Burger die stryd begin
te bestempel nie as een tussen Botha en Hertzog nie, maar as
dié tussen die Nasionale en die Imperialistiese beginsels, was
daar spoedig onraad te bespeur. Pres. Steyn, wat toe vir sy
gesondheid in Kaapstad was, het my gevra om hom te kom
spreek. En veelbetekenend vra hy my toe om in artikels sover
dit genl. Hertzog betref, meer dikwels klem op die persoonlike
te lê, wat ek toe ook gedoen het. Vir my was dit egter ook 'n
aanduiding dat daar aktiwiteite ontstaan het wat die idee van
ondermyning, en wel deur my, wou laat posvat. Genl. Hertzog
self het ek egter nie daarvan verdink nie.