Afrikaner-Volkseenheid/Wat Is Afrikaner-Volkseenheid

Die Burger Afrikaner-Volkseenheid
Wat Is Afrikaner-Volkseenheid?
deur D. F. Malan
Vroeëre Mislukte Pogings


In die politieke geskiedenis van ons land is daar niks waarom-

trent daar so 'n groot mate van eensgesindheid geheers het en
nog steeds heers, as die wenslikheid van volkseenheid nie. Elke
party gee voor om daarna te strewe en is selfs bereid om daar-
voor te veg. Dit het groot gepryk op die vaandel van generaals
Botha en Smuts met hul sogenaamde ,,konsiliasie-politiek", en
in naam daarvan het hulle genl. Hertzog uit hul Kabinet gesit
en as 'n skeurmaker verdoem. In later jare was dit ook die
leuse van genl. Hertzog self, toe hy en genl. Smuts hul jarelange
politieke stryd gestaak en hul onderskeie partye met mekaar
saamgesmelt het. Die resultaat was egter in beide gevalle
ongelukkig. In plaas van eenheid te verkry, het dit uitgeloop
op bittere stryd en verdeeldheid, die spore waarvan nog nie
volkome uitgewis is nie. Vir ons doel is dit daarom essensieel
dat ons van volkseenheid die regte begrip sal hê, en dat ons
steeds in gedagte sal hou wat die noodsaaklike vereistes daar-
voor is, indien dit bestendig en vrugbaar sal bly voortbestaan.
Volkseenheid veronderstel natuurlik geen dooie eenvormig-
heid nie. Inteendeel, in 'n land soos Suid-Afrika moet dit
verenigbaar wees met 'n aansienlike mate van verskeidenheid
van bevolkingselemente, ieder waarvan op die gebied van
afkoms, tradisie en selfs taal en kultuur kenmerkend sy eie is.
Dis veral so waar die verdelingslyn dwarsdeur die hele blanke
bevolking loop tussen ongeveer 60 persent Afrikaanssprekendes
en 40 persent Engelssprekendes. Die getroue en gulhartige
erkenning van mekaar se gelyke regte, soos deur die Unie-

grondwet gewaarborg, is daarom fundamenteel. Bevredigend
is in hierdie opsig die feit dat by die bevolking in die algemeen
tweetaligheid reeds groot vordering gemaak het, sodat behalwe
as 'n vriendskaplike gebaar, die gebruik deur sprekers van albei
tale meesal onnodig geword het. Die gehoor verstaan albei.
Maar volkseenheid beteken nog veel meer as bloot die erken-
ning van elkanders regte. Dit veronderstel ook die bestaan
van bande met 'n bindende krag sterker as die skeidende wat
deur verskil van belange veroorsaak kan word. Eén daarvan
is ongetwyfeld die land waarin ons woon, en wat op ons liefde
en lojaliteit só ongedwonge beslag kan lê soos niks anders dit
kan doen nie. Dis in breëre sin ons huis, en skep 'n gevoel van
saamhorigheid en gesamentlike verantwoordelikheid tussen
ons en almal wat saam met ons daarin woon, en wat tereg
vaderlandsliefde kan heet. Kenmerkend is dit daarom ook dat
in enige taal die roerendste gedigte altyd dié is wat uitdrukking
gee aan die sielsverlange van die banneling, of aan dié van die
swerweling na sy eie land. Dit vorm dan ook vanself die grond-
slag van iets groters en diepers. Die uiterlike territoriale band
van 'n gemeenskaplike land word naamlik tot 'n innerlike
vergeestelik. Die eie land word die bakermat van 'n eie volk,
wat dan ook heel tereg sy naam dra. Die inwoners van Amerika,
al is hulle afkomstig uit 'n groot verskeidenheid van lande en
rasse, word gekonsolideer tot die magtige Amerikaanse nasie.
Hulle het geword Amerikaners en niks anders nie. En so moet
en sal, met inagneming van hul eie besondere omstandighede,
die inwoners van Suid-Afrika ook word. Vir die grootste
gedeelte is hulle reeds, en word hulle steeds meer, Afrikaners
(of as u wil, Suid-Afrikaners), en niks anders nie. 'n Eie Afri-
kaner-gemeenskap het gekom en sal nie verdwyn nie. En al wat
vir hom oorbly, is om aan homself getrou te wees, sy roeping
te besef en gevolglik om homself as volk ten volle uit te leef.
Die beste voorbeeld van die saambindende krag van eie
nasieskap kan gesien word in die geval van Switserland. Dis

'n land wat uit drie afsonderlike dele bestaan, elkeen waarvan
sy eie taal spreek. Die bevolking is daarom verdeel in 'n
Frans-, 'n Duits- en 'n Italiaanssprekende seksie. In daardie
omstandighede sou 'n mens verwag dat die verdelende magte
sterker sou wees as die saamhoudende. Te meer nog kon dit
verwag word omdat iedere seksie se gebied onmiddellik grens
aan 'n groot en sterk land met wie hy dieselfde taal en kultuur
deel. Dis egter 'n merkwaardige feit dat Frans-, Duits- en
Italiaanssprekende Switsers baie nader aan mekaar staan as
aan hul taal- en kultuurgenote net anderkant hul landsgrense.
Ten spyte van uiterlike verskille vorm hulle met mekaar 'n
hegte eenheid. Waarom? Omdat daar so iets bestaan as 'n
Switserse nasie, en hulle is onafskeidbare dele daarvan.
Die heil van Suid-Afrika lê presies in dieselfde rigting. Sy
volksdele verskil in taal en kultuur van mekaar. Op sigself is
dit geen onheil nie, net so min as sy drieledigheid vir Switser-
land 'n onheil is. Eerder word ons algemene volksgemeenskap
daardeur verryk. Maar dan moet ons in die eerste plaas wees,
en onsself ook openlik so aankondig, dele van een en die-
selfde Suid-Afrikaanse nasie, en van geen ander nie. In terme
van ons Switserse voorbeeld uitgedruk, die Afrikaans- en
Engelssprekende Afrikaners moet nader aan mekaar staan as
aan enige ander nasie, hoeseer hulle hulle ook al weens afkoms
of taal tot 'n sodanige nasie aangetrokke kan voel.
Dis op hierdie pad alleen waarop ons volkseenheid kan ver-
kry. Dis die pad van 'n breë maar egte en gesonde Suid-
Afrikaanse Nasionalisme. Dit was, en is ook die pad van die
Nasionale Party, wat vanaf sy ontstaan in 1915 gestreef het,
eerstens na ,,hereniging", dit wil sê, na die herstel van die
tevore bestaande maar daarna gebroke eenheid, maar dan
ook verder na ,,vereniging", dit wil sê na die eenwording op
politieke gebied van almal wat deur innerlike oortuiging by
mekaar tuis hoort. As rigtinggewende en besielende leuse in sy
stryd het dit nog altyd groot op sy vaandel gepryk.

Die woordjie ,,almal’’ dui aan dat die Nasionale Party
inklusief is, in sover as dit nie op 'n rassegrondslag berus nie,
en die woorde ,,innerlike politieke oortuiging’’ dui weer aan
dat die party eksklusief is, in sover as dit, wat sy algemene maar
veral ook sy toekomsbeleid betref, 'n definitiewe koers volg.
Saamgevat beteken dit dat die Nasionale Party, soos sy naam
aandui, volkseenheid tot stand wil bring, maar alleen op die
grondslag van ons eie Suid-Afrikaanse nasieskap, vol uitgeleef,
dit wil sê volgens 'n duidelike en vaste beginselprogram.
Hierop het die Party gestaan. Hierop het hy gevorder. En
hierop het hy uiteindelik die oorwinning behaal sodat hy nou
die land kan regeer.